Die Solar Shop in samewerking met die Light Over Africa inisiatief

het 'n produktereeks ontwikkel met die doel om die dringende

energiebehoeftes in landelike Afrika te ondersteun.


Oral in Afrika is daar baie mense wat met lampolie-aangedrewe

beligting lees en werk. Die roet deur die verbranding van hierdie

stowwe is nie net omgewings gevaarlik nie maar is ook gevaarlik

vir mense se gesondheid. Die Verenigde Nasies se omgewings-

program verduidelik dat in landelike Kenia meer vrouens dood gaan

aan rookverwante siektes as aan malaria of tuberkulose. Die

Juicebox Solar Generator kan in hierdie situasie help, deur die

verskaffing van omgewingsvriendelike beligting en opvoedkundige

ontwikkelingshulp deur die hele Afrika.


Aangesien landelike elektrifiseringprogramme te stadig is om in

bestaan te kom, hoop ons vir landelike kragoplossings wat skuif

na klein skaal tegnologie en gebruik maak van hernubare

energiebronne soos die son. Daar is wel mense in landelike

gebiede wat toegang het tot 'n paar moderne vorms van energie,

maar die gebruik en ontwikkeling van hierdie geriewe is beperk as

gevolg van die koste.


Ons produkte is ontwikkel met die doel om 'n betroubare en

volhoubare kragbron na die landelike gebiede van Afrika te neem.

Die Juicebox Solar kragopwekkers is deur middel van sy

verskeidenheid van toepassings ideaal vir die ondersteuning van

opvoeding en ontwikkeling deur die verskaffing van behoorlike

beligting.


Die Juicebox Solar kragopwekker voldoen aan die landelike

aanvraag na elektriese beligting, radio, televisie, of stereos dikwels

laer kostes as stelsels gedryf deur die gebruik van lampolie en

droee-sel batterye. Ander kragopwekkers of kragnetwerke opsies

voldoen aan meer aanvraag na krag en energie as wat die

gemiddelde plattelandse gebruiker gewoontlik vereis.


Die Juicebox SX 50, MX102 Pure en Square is 'n voorbeeld van

koste effektiewe hernubare energie-oplossings wat kan help om

landelike kragbehoeftes te bevredig.


Help om ons doel te bereik deur Bob te skakel op 076 267 5523.


Daar is nie 'n enkele oplossing vir 'n probleem wat oor die

hele aarde voorkom nie. Om 'n doeltreffende hernubare

energie oplossing te vind, is een so probleem.

Help om ons doel toe bereik deur vir

Bob te skakel op 076 267 5523.